Sunset Sunrise Moon Grass Cattails Reed River Lake Creek Logo Design Vector

BELLE RIO

Lifestyle Estate

est. 2008

‘N UNIEKE EN RUSTIGE LANDGOED OP DIE WAL VAN DIE ORANJERIVIER

Belle Rio Estate, die lieflike Rivier, doen sy naam gestand waar dit oorkant Kanoneiland geleë is. Dit is ‘n luukse leefstyl oord in die Noord-Kaap, wat net so uniek is soos die geskiedenis van die eiland waarlangs dit lê. In 1928 het 52 boere ‘n suksesvolle lewe geskep in hiedie veilige idilliese omgewing.


Belle Rio is op die R359 roete sowat 23km vanaf Upington. Net ver genoeg om die rustigheid en veiligheid van die platteland te ervaar en naby genoeg om binne ‘n halfuur by hospitale, winkels, restaurante en ander diensverskaffers te wees.


INFRASTRUKTUUR

WATER- EN RIOOLSUIWERING

Belle Rio besit sy eie water- en rioolsuiweringwerke, toegerus met die nuutste tegnologie.

Rivierwater word gesuiwer vir huishoudelike gebruik, terwyl afval- en rioolwater gesuiwer en hergebruik word vir tuine en besproeiing.

Hierdie tegnologie word deur ‘n sonkragsisteem ondersteun, om die invloed van beurtkrag op hierdie prosesse, so veel as moontlik teen te werk. Alle strate is geteer en belig.Tussen die woonhuise en geboue is groot oop grasperke.


SEKURITEIT

Die Landgoed is omhein met ‘n staal- en betonheining wat ook geëlektrifiseer is.

Toegangsbeheer word streng toegepas en snags is ‘n sekuriteitswag aandiens


VERBLYF EN AFTREE ONTWIKKELING

VERBLYF EN AFTREE-ONTWIKKELING

Afgetredenes en werkende persone woon in Belle Rio.

As ‘n leefstyloord is dit belangrik om ‘n dinamiese gemeenskap te skep met verskillende ouderdom inwoners.

Die landgoed leen homself juis daartoe met verskillende keuses van erwe, huise en aftree-ontwikkeling.


Kom bou jou droomhuis of aftree-blyplek volgens jou eie planne, met min beperkings op jou inisiatiewe. Slegs ‘n paar argitektoniese reëls wat vereis dat die huis aanpas by die ander reeds geboude huise om ‘n plattelandse atmosfeer en voorkoms te komplimenteer.


MEENTHUIS ERWE – EIE TITEL

Lieflike erwe met verskillende groottes. Goed versorgde tuine wat in stand gehou word deur die oord.

Tuine loop tot teen jou stoep om jou leefarea te vergroot en jou natuurlike ruimtes ten volle te benut en geniet.

Die huise wat reeds gebou is, vertoon ‘n unieke agritektoniese Suid-Afrikaanse

plaashuis-styl wat die ontspanne landelike leefstyl verder beklemtoon.


As die tyd aanbreek dat jy na ‘n kleiner woning wil verskuif of jy versorg moet word, bied Belle Rio in samewerking met

Totalcare, jou verskillende opsies.


AFTREE-ONTWIKKELING

Hier kan jy selfstandig leef met dienste soos etes, tee en koffie geleenthede en ondersteuning met medikasie of minder ernstige mediese toestande wat jy mag benodig.


VERSWAKTE SORG SENTRUM

Gespesialiseerde versorgingsdienste is gerig op fisiese - sowel as geestelik verswakte volwassenes en sluit Alzheimer versorging in. ‘n Verdere diens wat gelewer word is dag - en vakansie versorging waar sulke dienste benodig word.


Die verswakte sorg sentrum is ‘n 24-7 Sorg-sentrum. 24-7 Sorg is ‘n gespesialiseerde diensverskaffers wat aftree-oorde in Suid-Afrika bestuur. 24-7 Sorg verskaf gesondheidsdienste en streef daarna om met toewyding, uitmuntende diens te lewer om die verwagte lewensstyl van bejaarde, asook gestremdes te oortref. Deur die samewerking van ’n professionele multi-dissiplinêre versorgingspan, word aftree-oorde en sorgsentrums bedryf en ge-administreer. Sodoende verseker hulle gemoedsrus aan naasbestaandes terwyl hul bejaarde familie die bes moontlike versorging geniet. Met passievolle dryfkrag, streef hulle daarna om met deernis en toewyding, na verswaktes om te sien. Besoek gerus die Totalcare webtuiste vir meer inligting.


AKTIWITEITE

Die oop ruimtes en uitleg van die landgoed leen hom daartoe dat inwoners ver kan stap sonder om die oord te verlaat.

Fietsry en visvang is gewild in en rondom Belle Rio. Geelvis, baber en karp kan in die Oranjerivier gevang word.

Die natuurlike omgewing, sowel as die tuine lok verskeie voëlspesies. Ander gevestigde inwoners is meerkatte, grond-eekhorings, otters , likkewane en springbokke.


SAMEVATTING

Belle Rio is die eerste Agri Leefstyl ontwikkeling in die Noord-Kaap. Die ontwikkeling word deur die inwoners bestuur as ‘n privaat maatskappy in ‘n natuurlike omgewing deur die gebied te gebruik vir behuising, landbou en bewaring.


Gastehuise en ‘n vakansie-oord is naby geleë vir kuiermense wat moontlik nie by familie in Belle Rio kan bly nie. Daar is ook ‘n padstal wat etes bedien naby, ‘n winkel op die eiland wat die nodigste bied, ‘n aktiewe kerklike gemeente, polisiestasie en die mooiste sonsondergange in die wêreld.

KONTAK ONS

Pin
Cellphone Icon

Belle Rio Lifestyle Estate

R359, Louisvale Kanoneinland pad


082 301 8616

Message Glyph Icon
Message Glyph Icon
Message Glyph Icon
Simple Facebook Icon

KANTOOR URE

Maandag, Woensdae, Vrydag

8h00 tot 12h00

Na Ure

082 443 1617

082 412 9216

Quotation Mark

VISIE

Om binne ‘n plaasatmosfeer, met die afwesighied van enige steurnis, ‘n heilsame omgewing van vrede en rustighied te skep.

Met die Oranjerivier en wingerd as agtergrond, skep dit n ideale gevoel van salighied

MISSIE

‘n Tuiste vir almal wat koester na salighied

Quotation Mark

Belê vandag nog in jou eiendom

deur in verbinding te tree met ons geakrediteerde agente

JAWITZ PROPERTIES

Tel: 054 201 0003

Epos: upington@jawitz.co.za


Agente:

Anna Swanepoel - 083 561 5842

Floris Lategan - 083 379 9030

Johan De Wet - 082 772 7529

Lawrence Verster - 078 460 7444


LEONOR PROPERTIES

Leonor Theron - 072 363 6662

Epos: leonoratheron@gmail.com


Marais de Jager - 072 697 8912

Anette Cilliers - 082 814 9055

Mario Steenkamp - 082 680 5453

Jeanine Barnard - 082 212 1303

JPL PROPERTY GROUP

Johan De Wet - 082 772 7529

Epos: johan@dewetdrainage.co.za


Lawrence Verster - 078 460 7444

PAM GOLDING

Tel: 054 331 0398

Email: kalahari@pamgolding.co.za


Agente:

Wouter Schreuder - 082 447 3755

Vallerie Ann Spathelf - 076 833 2233

Lorna Snyders - 076 539 8795

Brannen Davis - 084 824 5672


Website: ​https://www.pamgolding.co.za/property-​search/properties-for-sale-louisvale/5123

Besoek die skakels om ons reels en regulasies af te laai.

DESIGNED AND HOSTED BY

leandra@heyleah.co.za | 072 705 0781